1 Corinthians 16:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit mag wees dat ek by julle sal bly, ja, en oorwinter, dat julle my op my reis kan bring waarheen ek ook al gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 en sal miskien by julle vertoef of dalk selfs oorwinter. Dan kan julle my help na my volgende bestemming, waar dit ook mag wees.
Afrikaans 1933/1953 En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.
Afrikaans 1983 By julle sal ek moontlik oorbly of selfs die winter deurbring, dan kan julle my voorthelp op my verdere reis, waarheen dit ook al mag wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moontlik sal ek 'n tyd by julle oorbly, of selfs oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal miskien by julle kuier, miskien bly ek die hele winter daar by julle. Dan kan julle my help wanneer ek weer verder moet gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan ’n rukkie daar by julle oorbly, miskien nog die hele winter. Dan kan julle my help met wat ek nodig het om verder te reis, waarheen dit ook al is.