1 Corinthians 16:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wanneer Ek kom, wie julle ook al deur julle briewe goedkeur, sal Ek stuur om julle goedhartigheid na Jerusalem te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer ek kom, sal ek die persone waarop julle besluit, met aanbevelingsbriewe stuur om julle gawe in Jerusalem af te lewer.
Afrikaans 1933/1953 En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.
Afrikaans 1983 Wanneer ek dan gekom het, sal ek die manne wat julle daarvoor goedkeur, met briewe stuur om julle liefdegawe na Jerusalem toe weg te bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer ek opdaag, sal ek, wie julle ook al goedkeur, met aanbevelingsbriewe stuur om julle gawes na Jerusalem te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag self die mense kies wat die geld na Jerusalem moet neem. Wanneer ek kom, dan sal ek briewe skryf wat sal sê dat hierdie mense goeie gelowiges is. Ek sal hulle dan stuur om julle present na Jerusalem te neem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al wat dan nodig sal wees, is dat julle ’n paar persone moet aanwys om die geld na Jerusalem toe te vat. Ek sal vir hulle briewe saamgee sodat wanneer hulle in Jerusalem kom, die mense hulle vriendelik sal ontvang.