1 Corinthians 16:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat elkeen van julle op die eerste dag van die week by hom lê, soos God hom voorspoedig gemaak het, sodat daar geen samekoms sal wees as ek kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
Afrikaans 1983 Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen van julle afsonderlik moet op die eerste dag van die week 'n bedrag opsy sit, en volgens sy verdienste spaar, sodat die insamelings nie eers plaasvind wanneer ek kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet elkeen elke Sondag by die huis 'n bietjie geld bêre. Julle kan van die geld bêre wat julle nie gebruik het nie. En wanneer ek kom, dan sal ek nie vir julle geld vra nie omdat julle dan klaar geld gespaar het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sondae moet elkeen van julle iets opsy sit, afhangende van wat hy daardie week verdien het. Spaar dit sodat ons nie ’n ekstra klomp geld hoef in te samel wanneer ek daar by julle aankom nie.