1 Corinthians 16:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscilla groet julle baie in die Here, saam met die gemeente wat in hulle huis is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gemeentes hier in die provinsie Asië groet julle hartlik in die Here, saam met Akwila en Priscilla en al die ander gemeentelede wat in hulle huis bymekaarkom.
Afrikaans 1933/1953 Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Prisc¡lla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
Afrikaans 1983 Die gemeentes van die provinsie Asië stuur vir julle groete. Van Akwila en Priscilla en ook van die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom: baie groete in die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •gemeentes in Asië groet julle. Akwila en Priska, en die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom, stuur vir julle baie groete in die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gemeentes in Asië stuur groete vir julle. Akwila en Priska stuur ook groete. Die gelowiges wat altyd in hulle huis bymekaarkom, stuur ook groete. Hulle stuur baie vriendelike groete omdat julle en hulle almal aan die Here behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gemeentes hier in Asië stuur vir julle groete. Akwila en Priscilla saam met almal wat in hulle huis bymekaarkom, stuur spesiaal vir julle as mede-Christene baie liefde.