1 Corinthians 16:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek vermaan julle, broeders, (julle ken die huis van Stefanas, dat dit die eerstelinge van Achaje is, en dat hulle hulleself verslaaf het aan die bediening van die heiliges)
Afrikaans (NLV) 2011 Julle weet dat Stefanas en sy huisgesin die eerste bekeerlinge in Suid-Griekeland was en dat hulle hulle lewe wy aan die diens van ander Christene. Ek vra julle ernstig
Afrikaans 1933/1953 En ek versoek julle, broeders -- julle weet dat die huisgesin van St,fanas die eersteling van Ach je is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het --
Afrikaans 1983 Ek het nog 'n versoek aan julle, broers: julle weet van Stefanas en sy huisgesin, wat die eerste bekeerlinge in Agaje was, dat hulle hulle tot diens van die gelowiges gestel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek rig nog 'n ernstige versoek tot julle, broers. Julle weet dat Stefanas en sy huisgesin die eerstelinge in Agaje is, en hulleself tot diens van die •heiliges gestel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle weet dat Stefanas en sy mense die eerste mense in die provinsie Agaje was wat gelowiges geword het. En hulle het baie gedoen om die ander gelowiges te help. Vriende, ek vra mooi
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil julle nog iets vra, my broers en susters. Julle onthou mos nog vir Stefanas. Hy en sy huisgesin was die eerste mense in Suid-Griekeland wat Christene geword het.