1 Corinthians 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat ons broer Apollos betref, het ek baie graag gevra dat hy saam met die broeders na julle toe sou kom; maar hy sal kom wanneer hy die tyd het.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat ons broer Apollos betref — ek het sterk by hom aangedring om saam met die ander broers na julle toe te kom, maar hy het glad nie kans gesien om nou te kom nie. Hy sal kom wanneer die tyd daarvoor reg is.
Afrikaans 1933/1953 Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.
Afrikaans 1983 Wat die broer Apollos betref, ek het hom herhaaldelik versoek om saam met die broers na julle toe te gaan, maar hy wou beslis nie nou nie. Hy sal gaan sodra die tyd vir hom geleë is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En oor die broer Apollos: Ek het hom herhaaldelik versoek om saam met die broers na julle te gaan, maar hy wil beslis nie nou gaan nie. Hy sal gaan wanneer dit vir hom geleë is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wou baie graag hê dat Apollos ook saam met die ander gelowiges na julle toe moes gaan. Maar hy het gedink dat dit nie nou die regte tyd is om te gaan nie. Hy sal gaan wanneer hy kan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het mooi met Apollos gepraat en gevra dat hy saam met die ander broers na julle toe moet gaan. Hy kon egter nie nou gaan nie en daarom het hy nee gesê. Sodra hy kans kry, sal hy wel gaan.