1 Corinthians 15:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek is die geringste van die apostels wat nie geskik is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is werklikwaar die geringste van al die apostels, een wat die naam van ’n apostel nie werd is nie omdat ek God se kerk vervolg het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het. |
| Afrikaans 1983 | Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ek is die geringste van die apostels, nie geskik om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die •gemeente van God vervolg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is die minste belangrik van al die apostels. Ek is nie goed genoeg om 'n apostel te wees nie, omdat ek voorheen baie slegte dinge gedoen het aan die mense van die kerk van God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As dit by die apostels van die Here kom, staan ek agter in die ry. Eintlik behoort ek nie eens in daardie ry te staan nie, want kyk net hoe het ek die mense van God vroeër vervolg en probeer seermaak. |