1 Corinthians 15:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer dan hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is, en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee het, dan sal die woord wat geskrywe is, vervul word: Die dood is verslind in die oorwinning. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer dit gebeur — wanneer ons verganklike aardse liggame in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie — dan uiteindelik sal die Skrifwoord waar word: “Die dood is totaal uitgewis, want dit is heeltemal oorwin.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. |
| Afrikaans 1983 | En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee word, sal die woord wat geskryf staan, vervul word: “Die dood is verslind in oorwinning.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [54-55] Wanneer God dit alles gedoen het, wanneer Hy vir ons 'n liggaam gegee het wat nie stof kan word en wat nie kan sterf nie, dan sal die woorde waar word wat in die Ou Testament geskryf is: God het die dood heeltemal oorwin. Dood, dink jy dat jy altyd sal oorwin? Nee, jy sal nie. Dood, dink jy dat jy sal aanhou om mense te laat sterf soos wanneer bye mense doodsteek met hulle angels? Nee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer dit alles gebeur, sal dit presies wees soos die Skrif gesê het dit gaan wees: “Die dood het nie meer enige krag of invloed nie. God het al die krag as oorwinnaar. |