1 Corinthians 15:52 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin: want die basuin sal weerklink, en die dooies sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word. |
| Afrikaans 1933/1953 | in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. |
| Afrikaans 1983 | By die laaste trompet sal dit in 'n oomblik, in 'n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | by die laaste basuin, binne 'n oomblik, 'n oogwink. 'n Basuin sal weerklink, en die dooies sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal baie vinnig gebeur, so vinnig soos 'n mens jou oog knip. Dit sal gebeur wanneer die laaste trompet blaas. Die trompet sal blaas, en dan sal God die mense wat dood is, weer laat lewe. Hulle liggame sal nooit stof kan word nie. God sal ons ook verander, ons wat nog sal lewe wanneer Christus weer kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer daar aangekondig word dat die Here kom, sal dit vinniger gebeur as wat die oog kan sien. Dit sal so gebeur: die aankondiging sal kom dat die Here kom en dan sal die mense wat al dood is, lewendig gemaak word met hulle nuwe liggame; dié wat in daardie stadium nog op aarde lewe, sal dadelik ’n nuwe liggaam kry. |