1 Corinthians 15:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou dit sê ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat ek wil sê, broers en susters, is dat ’n gewone mens van vleis en bloed nie net so aan die koninkryk van God kan deel kry nie. Wat verganklik is, kan nie deel kry aan wat onverganklik is nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Afrikaans 1983 Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is wat ek bedoel, broers: dat mense van vlees en bloed nie die •koninkryk van God kan beërf nie, en die verganklike beërf nie die onverganklike nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, julle moet dit weet: Ons kan nie eendag wees daar waar God Koning is terwyl ons die liggame het wat ons nou het nie. Nee, 'n liggaam wat stof word, kan nie 'n liggaam word wat altyd sal lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe broers en susters, wat ek met ander woorde wil sê, is dit: ons, met ons aardse liggame, kan nie in die nuwe wêreld van God ingaan nie. ’n Liggaam wat doodgaan en vergaan, kan tog nie in die nuwe wêreld van God gaan bly waar alles vir altyd hou nie.