1 Corinthians 15:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dit was nie eerste wat geestelik is nie, maar dit wat natuurlik is; en daarna dit wat geestelik is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die natuurlike, fisiese liggaam het eerste gekom, daarna die geestelike een. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. |
| Afrikaans 1983 | Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die geestelike liggaam is egter nie eerste nie, maar wel die natuurlike menslike liggaam; daarna kom die geestelike. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet onthou, die liggaam wat alles kan doen wat God wil hê, is nie eerste nie. Die liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, is eerste, daarna kom die ander liggaam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons word dus eers met ons gewone aardse liggaam gebore. Die geestelike liggaam kry ons eers later. |