1 Corinthians 15:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En so is daar geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel gemaak; die laaste Adam is 'n lewendmakende gees gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Skrif sê vir ons: “Die eerste mens, Adam, het ’n lewende, fisiese persoon geword.” Maar die laaste Adam — dit is Christus — het ’n lewendmakende geestelike Persoon geword.
Afrikaans 1933/1953 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees.
Afrikaans 1983 So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het die lewendmakende Gees geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So staan daar immers geskryf: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het egter 'n lewendmakende Gees geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die Ou Testament is geskryf: Adam, die eerste mens, het iemand geword wat lewe. Maar die laaste Adam, Christus, het iemand geword wat geestelike lewe gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die Skrif staan daar dat die eerste mens, Adam, ’n lewende mens geword het. Maar die laaste Adam, dit is Christus, is die Gees wat mense geestelik lewendig maak.