1 Corinthians 15:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar word 'n natuurlike liggaam gesaai; dit word 'n geestelike liggaam opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Fisiese liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Ja, net soos daar fisiese liggame is, so is daar ook geestelike liggame.
Afrikaans 1933/1953 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
Afrikaans 1983 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar 'n natuurlike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat gesaai word, is 'n natuurlike menslike liggaam; wat opgewek word, is 'n geestelike liggaam. As daar 'n natuurlike menslike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense begrawe 'n liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, maar God laat 'n liggaam lewe wat alles kan doen wat God wil hê. As daar 'n liggaam is wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, dan moet daar ook 'n liggaam wees wat alles kan doen wat God wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons sterf as gewone aardse mense, maar ons gaan lewendig word in ’n nuwe geestelike liggaam. Soos daar ’n gewone aardse liggaam is, so is daar ook ’n geestelike liggaam.