1 Corinthians 15:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So is ook die opstanding van die dooies. Daar word in korrupsie gesaai; dit word opgewek in onverganklikheid:
Afrikaans (NLV) 2011 Dieselfde is die geval met die opstanding van die dooies. Ons aardse liggame, wat gewoonweg sal sterf en vergaan, sal anders wees wanneer hulle opgewek word, want hulle sal nooit weer sterf nie.
Afrikaans 1933/1953 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
Afrikaans 1983 So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sal dit ook wees met die opstanding van die dooies: Wat gesaai word in verganklikheid, word opgewek in onsterflikheid;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So sal dit ook wees wanneer God die mense wat dood is, weer laat lewe. Die mense begrawe 'n liggaam soos hulle 'n koringkorrel in die grond plant, en die liggaam word stof, maar God laat 'n liggaam lewe wat nie stof kan word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die liggaam wat doodgaan, vergaan heeltemal, maar die liggaam waarmee ons weer lewendig sal word, sal nooit vergaan nie.