1 Corinthians 15:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is een heerlikheid van die son en 'n ander heerlikheid van die maan en 'n ander heerlikheid van die sterre, want een ster verskil van 'n ander ster in heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die stralende prag van die son verskil van dié van die maan, en die sterre het weer hulle eie prag. Die een ster se prag verskil ook weer van die ander een.
Afrikaans 1933/1953 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
Afrikaans 1983 Die glans van die son is anders as dié van die maan of dié van die sterre. Ook verskil die een ster se glans van dié van die ander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die glans van die son is anders as die glans van die maan, en anders as die glans van die sterre. Een ster verskil immers van 'n ander in glans.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die son, die maan en die sterre is almal mooi, maar hulle is nie dieselfde nie. Ja, daar is baie sterre, en elke ster is mooi, maar hulle is nie dieselfde nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die prag van die son is anders as die prag van die maan. Net so sal dit wees wanneer ons uit die dood lewendig word.