1 Corinthians 15:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar God gee dit 'n liggaam soos dit Hom behaag, en aan elke saad sy eie liggaam.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan gee God daaraan ’n nuwe liggaam — presies soos Hy dit bepaal het. Van elke soort saad groei daar ’n ander soort plant.
Afrikaans 1933/1953 Maar God gee dit 'n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
Afrikaans 1983 Maar God gee 'n gestalte daaraan, soos Hy bepaal het; aan elke saadsoort gee Hy 'n eie gestalte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar God sal, soos Hy beplan het, aan elkeen van die sade 'n eie vorm gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar God gee vir die saad 'n plant of 'n liggaam soos Hy besluit het. Hy gee vir elke soort saad 'n ander liggaam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God besluit dan self hoe die plant moet lyk - elke soort saad gee mos ’n ander soort plant.