1 Corinthians 15:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat jy saai, jy saai nie daardie liggaam wat sal wees nie, maar kaal graan, dit kan dalk van koring of van 'n ander graan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat jy in die grond sit, is nie die plant wat gaan groei nie, maar bloot ’n droë koringkorreltjie of watter ander saad jy ook al plant. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat jy saai -- jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar 'n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders. |
| Afrikaans 1983 | En wat jy saai, saai jy nie in die toekomstige gestalte daarvan nie, maar as 'n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wat jy saai, saai jy nie in die vorm wat dit sal aanneem nie, maar as 'n blote saadkorrel, of dit nou 'n koringkorrel is, of een van die ander sade. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer 'n mens saad plant, dan lyk die saad nie soos die plant wat later begin groei nie. 'n Mens plant 'n koringkorrel of iets anders. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En verder, as jy byvoorbeeld ’n mielie plant, plant jy tog nie die groot plant met die mieliekop en al nie. Jy plant die mieliepit. |