1 Corinthians 15:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou dwaas, wat jy saai, word nie lewend gemaak nie, tensy dit sterf;
Afrikaans (NLV) 2011 Jou onverstandige mens, as jy saad in die grond sit, ontkiem dit tog nie tot nuwe lewe as dit nie eers self doodgegaan het nie.
Afrikaans 1933/1953 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
Afrikaans 1983 Dis 'n dom vraag! Wat jy saai, kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe dwaas! Wat jy saai, kom nie tot lewe nie, tensy dit eers sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom vra mense hierdie dom vrae? Kyk wat gebeur wanneer 'n mens saad plant. Die saad moet eers sterf voordat dit weer lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis darem ’n dom vraag. Julle weet mos dat ’n saad wat jy in die grond saai ’n ruk lank eers lyk of dit dood is en dan, na ’n rukkie, kom die lewendige plantjie uit.