1 Corinthians 15:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Word wakker tot geregtigheid en sondig nie; want sommige het die kennis van God nie. Ek spreek dit tot julle skande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom tot julle sinne en moenie langer sondig nie. Tot julle beskaming moet ek vir julle sê dat party van julle heeltemal tekort skiet wat julle kennis van God betref. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming. |
| Afrikaans 1983 | Kom tot besinning en moenie langer sonde doen nie. Party van julle is sonder kennis van God. Dit sê ek tot julle skande. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees nugter in julle denke, soos dit hoort, en moenie sondig nie. Sommige van julle het helaas geen kennis van God nie. Dit sê ek tot julle skande. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet verander, julle moet ophou om sonde te doen. Party van julle dink verkeerd wanneer julle oor God dink. Ek sê dit omdat ek wil hê julle moet skaam word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ruk julle reg en hou op om verkeerde dinge te doen. Julle behoort julle te skaam dat party van julle regtig geen idee het van wie God is, wat Hy kan doen en wat Hy van julle verwag nie. |