1 Corinthians 15:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As ek op die manier van mense in Éfese met diere geveg het, wat baat dit my as die dooies nie opstaan nie? laat ons eet en drink; want môre sterf ons.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwekking van die dooies is nie, “laat ons feesvier en dronk word, want môre sterf ons”.
Afrikaans 1933/1953 As ek in fese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!
Afrikaans 1983 As ek hier in Efese as bloot sterflike mens soos teen wilde diere geveg het, wat het ek daarmee bereik? As die dooies nie opgewek word nie, “laat ons eet en drink, want môre sterf ons!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek in Efese as 'n sterflike mens teen wilde diere geveg het, van watter nut was dit vir my? As dooies nie opgewek word nie, “laat ons eet en drink, want môre sterf ons”.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het in Efese geveg teen mense wat soos wilde diere was en wat my wou doodmaak. Het dit vir my gehelp? Nee, as die mense wat dood is, nie weer sal lewe nie, dan moes ek ook gesê het: Kom ons eet en drink, want môre sterf ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waarom sou ek hier in Efese as ’n sterflike mens soos ’n dier teen ander wilde diere geveg het as dit alles vir niks was nie? Dit maak mos nie sin nie. As daar niks anderkant die dood vir ons wag nie, moet ’n mens mos eerder doen wat die spreekwoord sê: “Laat ons nou eet en drink en vrolik wees, want môre is ons dood.”