1 Corinthians 15:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek protesteer deur julle blydskap wat ek het in Christus Jesus, onse Here, ek sterf daagliks. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here. |
| Afrikaans 1983 | Elke dag word ek deur die dood bedreig. Ja, broers, dit is waar, net so waar as wat julle my trots is in Christus Jesus, ons Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So waar as wat ek van dag tot dag in doodsgevaar verkeer, so waar is dit, broers, dat julle my rede tot roem is in •Christus Jesus, ons Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vriende, daar is elke dag mense wat my wil doodmaak. Dit is waar, en dit is ook waar dat ek trots is op julle. Ek is trots op julle omdat Christus Jesus ons Here my werk by julle geseën het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My liewe broers en susters, dagin en daguit leef ek in die skaduwee van die dood. Daarvan kan julle net so seker wees as dat ek trots is op wat Christus Jesus, ons Here, vir julle beteken en gedoen het. |