1 Corinthians 15:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Anders, wat moet hulle doen wat vir die dooies gedoop word, as die dooies glad nie opstaan nie? hoekom word hulle dan vir die dooies gedoop? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die dooies hoegenaamd nie opgewek word nie, watter sin het dit dan dat mense hulle vir die dooies laat doop? Waarom sou hulle dit nog vir die dooies doen as hulle in elk geval nie weer opgewek word nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop? |
| Afrikaans 1983 | En nou, as die dooies glad nie opgewek word nie, wat wil die mense bereik wat hulle vir dooies laat doop? Waarom laat hulle hulle nog vir dooies doop? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Anders, wat sal diegene wil bereik wat hulleself ter wille van die dooies laat doop? Indien dooies glad nie opgewek word nie, waarom laat hulle hulle ter wille van dooies doop? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is iets anders waaroor ons ook moet dink. Party mense laat hulle doop, en dan sê hulle dat hulle dit doen vir die mense wat gesterf het en wat hulleself nie kon laat doop nie. Maar hoekom doen hulle dit as die mense wat gesterf het, nie weer sal lewe nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As dit nou waar was dat mense nie weer lewendig gemaak sal word nie, wat dan van die mense wat hulle laat doop sodat dié wat reeds dood is daarby kan baat? Vir wat doen hulle dit dan? |