1 Corinthians 15:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Hy het alles onder sy voete gestel. Maar wanneer hy sê dat alles aan hom onderwerp is, is dit duidelik dat hy uitgesonder is wat alles aan hom onderwerp het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Skrif sê mos: “God het aan Hom gesag oor alles gegee.” (Natuurlik, wanneer die Skrif sê dat God aan Hom die gesag oor alles gegee het, is God wat aan Christus hierdie gesag gegee het self uitgesluit.) |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. |
| Afrikaans 1983 | Daar staan immers geskrywe: “Alles het Hy aan Hom onderwerp.” Maar as die Skrif sê dat alles aan Christus onderwerp is, is dit duidelik dat die Vader wat alles aan Hom onderwerp het, uitgesonder is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Want Hy het alles onder sy voete gestel.” Maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat dit met die uitsondering is van Hom wat alle dinge aan Christus onderwerp het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, in die Ou Testament is geskryf: God het alles vir Hom gegee sodat Hy daaroor kan regeer. Maar wanneer God sê: “Christus moet oor alles regeer,” dan moet ons dit reg verstaan. Dit beteken nie dat Christus ook oor God regeer nie, want God is die Een wat alles vir Christus gegee het sodat Christus daaroor kan regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Skrif sê mos dat God Christus oor alles sal laat heers. As die Skrif oor “alles” praat, sluit dit natuurlik nie vir God self in nie. |