1 Corinthians 15:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sien, soos die dood deur ’n mens, naamlik Adam, in die wêreld ingekom het, so het die opstanding uit die dood ook deur ’n mens werklikheid geword.
Afrikaans 1933/1953 Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.
Afrikaans 1983 Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want aangesien die dood deur 'n mens gekom het, kom die opstanding van dooies ook deur 'n mens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens, Adam, het gesterf, en van toe af het almal in die wêreld gesterf. Maar nou het God 'n ander Mens, Christus, weer laat lewe, en daarom sal al die gelowiges wat gesterf het, ook weer lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit werk so: dit was ’n mens, Adam, se skuld dat die dood nou elkeen van ons tref. Maar dit is ook ’n mens, Christus, wat daarvoor gesorg het dat mense wat dood is weer lewendig gemaak kan word.