1 Corinthians 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nou is Christus uit die dode opgewek en het die eersteling geword van die wat ontslaap het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou is die werklikheid totaal anders! God hét Christus uit die dood laat opstaan! Dit gee ons die waarborg dat ook die ander dooies sal opstaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar nou, •Christus ís opgewek uit die dood – die eersteling van die ontslapenes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nee, God het vir Christus weer laat lewe, dit is seker. Christus is die eerste Een van almal wat gesterf het, en God het Hom weer laat lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die waarheid is heeltemal anders: God hét Christus lewendig gemaak nadat Hy aan die kruis dood is. En Christus is maar die eerste Een van nog baie om te kom, dit waarborg Hy. |