1 Corinthians 15:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ons net in hierdie lewe hoop op Christus het, is ons die ellendigste van alle mense. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ons egter op niks meer sou kon hoop as dat Christus ’n verskil sal maak aan ons huidige lewe nie, sou ons definitief die bejammerenswaardigste mense onder die son wees! |
| Afrikaans 1933/1953 | As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. |
| Afrikaans 1983 | As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Indien ons hoop slegs vir hierdie lewe op Christus gevestig is, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ons hoop dat Christus ons red net vir hierdie lewe op die aarde, dan moet al die mense baie jammer wees vir ons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As Christenskap net iets beteken terwyl ons nog op hierdie aarde is en daar vir ons niks meer oor is daarna nie, is ons ’n hopelose spul mense vir wie ander net baie jammer kan voel. |