1 Corinthians 15:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking tevergeefs, en ook julle geloof tevergeefs.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as Christus nie opgewek is nie, sou dit beteken dat ons verkondiging geen substansie het nie en dat julle geloof ook platval.
Afrikaans 1933/1953 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
Afrikaans 1983 En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as Christus nie opgewek is nie, is ons verkondiging sinloos, en ook julle geloof sinloos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as God nie vir Christus weer laat lewe het nie, dan beteken ons boodskap niks, en dan beteken julle geloof ook niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit darem waar sou wees, beteken dit dat alles wat ons vir julle vertel het, net ’n klomp leuens is en dat julle in net mooi niks glo wanneer julle sê julle glo in Christus nie. En dit is nie al nie.