1 Corinthians 15:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As Christus dan verkondig word dat Hy uit die dode opgestaan het, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê vir my, as ons verkondig dat God Christus uit die dood laat opstaan het, hoe is daar dan sommige van julle wat beweer dat daar nie so iets soos die opstanding uit die dood bestaan nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie? |
| Afrikaans 1983 | As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as Christus verkondig word, dat Hy uit die dood opgewek is, waarom sê sommige van julle dat daar nie 'n opstanding van dooies is nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons, die apostels, bring die boodskap dat God vir Christus weer laat lewe het. Hoekom sê party van julle dat die dooie mense nie weer sal lewe nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is tog geen twyfel oor die boodskap nie: Jesus was dood en is weer lewendig gemaak. Hoe is dit dan nog moontlik dat party van julle kan twyfel en sê dat God nie mense wat dood is lewendig sal maak nie? |