1 Corinthians 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So ook julle, as julle nie met die tong woorde uitspreek wat maklik verstaanbaar is nie, hoe sal dit bekend wees wat gespreek word? want julle sal in die lug spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dieselfde geld vir julle. As julle in ’n taal praat waarvan ’n mens nie die woorde kan onderskei nie, hoe sal iemand verstaan wat julle sê? Julle sal soos mense wees wat in die wind praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 'n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. |
| Afrikaans 1983 | So is dit ook met julle. As julle ongewone tale of klanke gebruik en nie 'n verstaanbare woord praat nie, hoe sal 'n mens weet wat daar gesê word? Dan praat julle mos in die wind! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So ook julle – as julle tonge nie 'n duidelik verstaanbare boodskap oordra nie, hoe sal enigiemand verstaan wat daar gesê word? Want julle sal in die wind praat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is dieselfde in die gemeente. Wanneer iemand praat, maar julle kan nie verstaan wat hy sê nie, sal julle dan weet wat die persoon wil sê? Nee. Dan is dit soos wanneer iemand praat, maar die wind waai sy woorde weg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net so gaan dit in die gemeente. As jy ’n klomp geluide maak wat niemand verstaan nie, hoe sal enigiemand weet wat jy besig is om te sê? Vir die mense rondom jou is jy dan nie beter as daardie fluit of harp wat net ’n klomp geraas maak nie. |