1 Corinthians 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ook dinge sonder lewendmakende klank, of dit nou fluit of siter is, as dit nie 'n onderskeid in die klanke gee nie, hoe sal dit bekend wees wat op fluit of op siter gespel word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs lewelose musiekinstrumente soos die fluit en die harp wys vir ons hoe noodsaaklik dit is om in verstaanbare taal te praat. Want as die note nie duidelik onderskeibaar is nie, hoe sal ons hulle melodie herken? |
| Afrikaans 1933/1953 | Net soos met lewelose dinge wat 'n klank gee, 'n fluit of 'n siter, as hulle nie 'n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word? |
| Afrikaans 1983 | Dit is net soos met lewelose instrumente wat 'n klank afgee, soos 'n fluit of 'n siter. As daar nie klankverskille is nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of die siter gespeel word? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal wees soos lewelose dinge wat klank voortbring, 'n fluit of 'n lier. As dit nie onderskeibare klanke voortbring nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of die lier gespeel word? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is dieselfde met musiek-instrumente, dinge wat nie lewe nie. Dink aan 'n fluit of 'n harp. As iemand nie 'n fluit reg blaas nie of hy speel nie reg op 'n harp nie, dan sal 'n mens nie weet watter musiek dit is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is baie soos iemand wat sommer net op ’n fluit of ’n harp blaas. As hy nie mooi note speel nie, maar net ’n deurmekaar klomp geraas maak, sal niemand hulle daaraan steur nie. |