1 Corinthians 14:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, wat sal ek julle baat as ek met julle spreek hetsy deur openbaring, of deur kennis, of deur profesie, of deur leer?
Afrikaans (NLV) 2011 Broers en susters, sê nou maar ek sou na julle toe kom en ek praat net in tale, hoe sou dit vir julle iets kon beteken? Maar as ek vir julle ’n Goddelike openbaring of ’n spesiale insig of ’n profesie sou bring, of julle sou iets besonders van my leer, dan sou dit tog sekerlik baie vir julle beteken.
Afrikaans 1933/1953 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek •f deur 'n openbaring, •f deur kennis, •f deur profesie, •f deur lering nie?
Afrikaans 1983 En nou, broers, as ek na julle toe kom en ongewone tale of klanke gebruik, van watter nut sal ek vir julle wees? Ek sal vir julle net van nut wees as ek 'n openbaring of kennis of profesie of lering aan julle meedeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Broers, as ek dan nou na julle kom en in tale spreek, watter nut het ek vir julle; tensy ek tot julle voordeel 'n openbaring of 'n insig of 'n profesie of 'n lering meedeel?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, dink nou goed hieroor: As ek na julle toe kom en ek praat in tale, dink julle dit kan vir julle help? Nee, ek kan julle net help wanneer ek vir julle iets sê wat God vir my gewys het of wanneer ek vir julle verduidelik wat God wil hê of wanneer ek God se boodskap bring of wanneer ek vir julle iets leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe, goeie vriende, stel julle nou voor dat ek daar by julle aankom en net in spesiale tale praat wat nie een van julle verstaan nie. Sal dit julle baie help? Ons almal weet dit sal nie. Wat wel vir julle baie kan beteken, is as ek met julle oor dinge gesels wat julle verstaan: dit kan dinge wees wat God spesiaal vir my gewys het, of raad oor hoe julle in moeilike situasies moet optree; of ons kan sommer maar net lekker sit en gesels oor wat God se boodskap vir ’n spesifieke situasie is, of ek kan julle miskien meer van Jesus leer.