1 Corinthians 14:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek wil hê dat julle almal in tale spreek, maar eerder dat julle geprofeteer het; want hy wat profeteer is groter as hy wat in tale spreek, tensy hy dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sou bly wees as julle almal in tale praat, maar nog blyer as julle sou profeteer. Want om te profeteer, is ’n belangriker en nuttiger gawe as die spreek in tale, tensy iemand sou verduidelik wat jy sê sodat die gemeente daardeur opgebou kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. |
| Afrikaans 1983 | Ek sou graag wil hê dat julle almal ongewone tale of klanke gebruik, maar nog liewer dat julle profeteer. Die een wat profeteer, is van groter betekenis as die een wat ongewone tale of klanke gebruik, tensy hy dit ook uitlê, sodat die gemeente daardeur opgebou kan word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek wil hê dat julle almal in tale spreek, maar meer nog dat julle profeteer. Die een wat profeteer, is van groter waarde as die een wat in tale spreek; tensy hy dit kan uitlê, sodat die gemeente daardeur opgebou kan word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil graag hê dat julle almal in tale moet praat. Maar ek wil nog meer hê, ek wil hê dat julle God se boodskap moet bring. Iemand wat God se boodskap bring, is belangriker as iemand wat in tale praat. Iemand moet tolk en sê wat die persoon sê wat in tale praat. Dan sal dit goed wees vir die gemeente, want dan maak dit die gemeente se geloof sterk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gun dit vir elkeen. Wat ek wel sê, is dat julle eerder in die gemeente moet konsentreer op die bring van God se boodskap. In die gemeente is dit meer werd om die boodskap van God te bring as om in spesiale tale te praat, tensy daar iemand in die gemeente is wat kan verduidelik wat met die spesiale tale gesê word. So sal dit vir die gemeente iets kan beteken. |