1 Corinthians 14:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat? het die woord van God van jou uitgekom? of het dit net na jou toe gekom?
Afrikaans (NLV) 2011 Dink julle regtig dat die ware insig aangaande God se woord sy oorsprong by julle het of dat dit net by julle uitgekom het? Dan maak julle ’n groot fout.
Afrikaans 1933/1953 Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?
Afrikaans 1983 Het die woord van God miskien van julle af uitgegaan? Of het dit julle alleen bereik?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is die woord van God van julle afkomstig? Of het dit slegs julle bereik?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle is nie die eerste gemeente wat die boodskap van God gebring het nie, en julle is ook nie die enigste gemeente wat die boodskap gehoor het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet julle julle afvra: Is die woord van God miskien deur julle geskryf sodat julle daaraan kan verander soos julle wil, of is dit God wat deur daardie woord met julle praat?