1 Corinthians 14:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou, mense wat profeteer, is in beheer van hulle gees en kan hulle beurt afwag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; |
| Afrikaans 1983 | 'n Profeet het immers beheer oor sy gees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die geeste van profete is aan profete onderworpe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet onthou, 'n profeet kan besluit om op te hou praat en hy kan vir 'n ander profeet 'n beurt gee om te praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat iets van die Here af gekry het om te sê, moet sy kans afwag om dit te sê. God hou nie van ’n deurmekaarspul nie. |