1 Corinthians 14:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As iets aan 'n ander wat daar sit, geopenbaar word, laat die eerste swyg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as iemand besig is om te profeteer en iemand anders wat daar sit, ontvang ’n openbaring, moet eersgenoemde ophou praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. |
| Afrikaans 1983 | Maar as 'n ander een wat daar sit, 'n openbaring ontvang, moet die spreker stilbly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Indien 'n openbaring gemaak is aan een van die ander wat daar sit, laat die vorige spreker swyg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En as een profeet praat en God wys vir 'n ander profeet iets wat hy dadelik vir die gemeente moet sê, dan moet die eerste profeet ophou praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die Here egter ’n spesiale boodskap vir iemand gee wat in die gemeente sit en luister, moet die een wat aan die praat is, eers stilbly. |