1 Corinthians 14:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as daar geen tolk is nie, laat hy in die gemeente stilbly; en laat hom met homself en met God spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as daar niemand teenwoordig is wat die praat in tale kan uitlê nie, laat hulle in die gemeentebyeenkoms stilbly en hulle tuis op hulle eie tot God rig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. |
| Afrikaans 1983 | As daar nie iemand is wat dit kan uitlê nie, moet dié een wat ongewone tale of klanke gebruik, stilbly in die byeenkoms van die gemeente en net tuis met homself en met God praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar as daar nie iemand is wat dit kan uitlê nie, laat hy in die •gemeente swyg. Laat hy met homself en met God praat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As daar nie iemand is wat kan tolk nie, dan moet die een wat in tale praat, stilbly, dan moet hy nie praat daar waar die gemeente bymekaarkom nie. Hy moet praat daar waar hy alleen is en waar hy sy eie geloof sterk kan maak en met God kan praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As daar nie iemand in die gemeente is wat die spesiale taal verstaan en kan verduidelik wat gesê word nie, moet die een stilbly wat in die spesiale taal wil praat. Hy moet dit maar tussen God en hom hou waar hy alleen is. |