1 Corinthians 14:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As iemand in 'n onbekende taal praat, laat dit twee of hoogstens drie wees, en dit met verloop van tyd; en laat 'n mens uitlê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As daar persone is wat in tale wil praat, gee aan twee of hoogstens drie die geleentheid om dit te doen en laat iemand dit uitlê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. |
| Afrikaans 1983 | Wat die ongewone tale of klanke betref, net twee of hoogstens drie moet dit praat, elkeen op sy beurt, en daar moet een wees wat dit uitlê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer iemand in 'n taal spreek, laat dit verkieslik net twee of drie sprekers wees, om die beurt, en laat iemand dit uitlê; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As mense in tale wil praat, dan moet dit net twee persone wees wat praat, of nie meer as drie persone nie. Hulle moenie saam praat nie, hulle moet ná mekaar praat wanneer dit hulle beurt is om te praat. En daar moet iemand wees wat kan tolk en sê wat dit beteken. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met ander woorde, as iemand in ’n spesiale taal praat, moet dit nie oordryf word nie. Net twee, of op die meeste drie, moet ’n kans kry, en nie almal gelyk nie. Elke keer moet daar iemand wees wat aan die ander kan verduidelik wat die persoon besig is om te sê. |