1 Corinthians 14:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En so word die geheime van sy hart geopenbaar; en so op sy aangesig neerval, sal hy God aanbid en vertel dat God waarlik in jou is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en hulle hartsgeheime word blootgelê, dan sal hulle net daar op hulle knieë val en God aanbid en verklaar: “Werklikwaar, God is hier by julle!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is. |
| Afrikaans 1983 | Die verborge dinge van sy hart kom aan die lig. En so kom hy daartoe om op sy knieë te val, God te aanbid en openlik te getuig: “Waarlik, God is hier by julle!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die geheime van sy hart word blootgelê, en hy sal met sy gesig op die grond val, God aanbid en erken: “Werklik, God is in julle midde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal sê dit is waar dat daar slegte dinge diep in sy hart is, dinge waarvan niemand weet nie. En dan sal hy buig en vir God aanbid en sê: “God is regtig hier by julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal vir hom wees of alles hier diep binne-in hom wat hy voorheen nie verstaan of selfs van geweet het nie, skielik opborrel en vir hom glashelder word. Hy sal net daar op sy knieë neersak en God se Naam grootmaak. Hy sal openlik sê: “God is regtig hier by en tussen julle.” |