1 Corinthians 14:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as almal profeteer en daar kom een in wat nie glo nie, of een ongeleerde, is hy oortuig van almal, hy word deur almal geoordeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as almal profeteer en daar kom ongelowiges of onkundiges in en hulle word deur almal oortuig van sonde, en hulle lewens word deur almal ondersoek,
Afrikaans 1933/1953 Maar as almal profeteer en daar 'n ongelowige of 'n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;
Afrikaans 1983 Daarteenoor, as almal profeteer, en daar kom 'n ongelowige of 'n buitestaander binne, dan word hy deur almal in sy gewete aangespreek en kom hy tot selfondersoek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar indien almal profeteer en 'n ongelowige of 'n oningeligte persoon kom binne, word hy deur almal tot insig gebring en tot verantwoording geroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as almal die boodskap van God bring, en daar kom iemand in wat nie in Christus glo nie, of dit is iemand wat nie vir julle ken nie, dan sal hy voel almal praat met hom oor die dinge wat verkeerd is in sy lewe. Hy sal voel almal sê vir hom dat God hom sal straf oor sy sondes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar sê nou dieselfde ongelowige persoon wat niks van die Christendom verstaan nie, kom in terwyl julle op ’n verstaanbare manier met mekaar oor die boodskap en wil van God praat, wat sal dan gebeur? Sal hy nie dalk luister en diep getref word nie? Sal hy nie besef dat hy op die verkeerde pad is en dat God so ontevrede met hom is dat God hom gaan straf nie?