1 Corinthians 14:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As die hele gemeente dan op een plek bymekaargekom het en almal in tale spreek, en daar kom ongeleerdes of ongelowiges in, sal hulle dan nie sê dat julle mal is nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Inteendeel, as die hele gemeente bymekaarkom en almal praat in tale en daar kom onkundiges of ongelowiges in, sal hulle nie sê julle is die kluts skoon kwyt nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie? |
| Afrikaans 1983 | As die hele gemeente dan bymekaar is en almal gebruik ongewone tale of klanke en daar kom buitestaanders of ongelowiges binne, sal hulle nie sê julle is van julle verstand af nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die hele gemeente dan op een plek vergader en almal in tale spreek, en daar kom oningeligtes of ongelowiges binne, sal hulle nie sê, “Julle is van julle sinne beroof” nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, wanneer die hele gemeente bymekaarkom en daar kom miskien mense in wat nie vir julle ken nie, dan sal hulle dink julle is mal. Of as daar mense inkom wat nie in Christus glo nie, dan sal hulle ook dink julle is mal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom ons wees realisties: sê nou die hele gemeente is bymekaar en almal praat tegelyk in spesiale tale. Dan kom daar iemand ingestap wat nie in Jesus glo nie en niks verstaan wat in die kerk aangaan nie. Wat dink julle sal hy sê? Wel, ek dink hy sal sê dit lyk vir hom na ’n groot deurmekaarspul. |