1 Corinthians 14:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom is tale 'n teken, nie vir die wat glo nie, maar vir die wat nie glo nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Beteken dit dus dat die praat in tale ’n teken is, nie vir gelowiges nie, maar vir ongelowiges en dat profesie daarenteen nie vir ongelowiges is nie, maar vir gelowiges?
Afrikaans 1933/1953 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.
Afrikaans 1983 So is die gebruik van ongewone tale of klanke dan 'n teken vir ongelowiges en nie vir gelowiges nie. Daarteenoor is die profesie vir gelowiges en nie vir ongelowiges nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiervolgens is die spreek in tale 'n teken, nie vir gelowiges nie, maar vir ongelowiges, terwyl profesie nie vir ongelowiges is nie, maar vir gelowiges.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit beteken: Die genadegawe om in tale te praat, is 'n teken vir mense wat nie glo nie. Dit is nie 'n teken vir mense wat glo nie. Maar die genadegawe om God se boodskap te bring, is 'n teken vir mense wat glo, dit is nie 'n teken vir mense wat nie glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om so in spesiale tale te praat is in hierdie sin ’n bewys van God se krag vir mense wat nie glo nie, en nie vir Christene nie. Om die boodskap van God vir mense te verduidelik is weer bedoel vir Christene en nie vir ongelowiges nie.