1 Corinthians 14:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die wet is geskrywe: Met ander tale en met ander lippe sal Ek met hierdie volk spreek; en nogtans luister hulle na my alles nie, spreek die Here.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar staan in die Skrif dat die Here sê: “Ek sal deur andertaliges en deur die mond van onbekende mense met my eie volk praat. Maar selfs dan sal hulle nie na My luister nie.”
Afrikaans 1933/1953 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.
Afrikaans 1983 In die wet staan daar geskrywe dat die Here sê: “Deur andertaliges en deur die mond van vreemde mense sal Ek met hierdie volk praat, en selfs dan sal hulle na My nie luister nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die Wet staan daar geskryf, “in vreemde tale en deur die lippe van vreemdes sal Ek met hierdie volk praat, en selfs dan sal hulle nie na My luister nie,” sê die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die Ou Testament is geskryf: Die Here sê: “Ek sal met hierdie volk praat in tale wat hulle nie ken nie, in die tale van mense van ander lande, maar ook dán sal hulle nie luister na My nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar staan mos in die boek waarin ons van die wil van God leer, geskryf: “Mense sal kom met tale wat ons nog nooit gehoor het nie, vreemde mense sal met ons kom praat. Deur hierdie mense sal God met die volk praat, maar al doen God dit, sal hulle nog steeds nie luister na wat God sê nie.”