1 Corinthians 14:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar in die gemeente het ek liewer vyf woorde met my verstand gespreek, sodat ek deur my stem ook ander kan leer, as tienduisend woorde in 'n onbekende taal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar in ’n byeenkoms van die gemeente sal ek liewer vyf verstaanbare woorde praat waaruit ander iets kan leer as tienduisend in ’n onbekende taal. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in 'n taal. |
| Afrikaans 1983 | Maar in die byeenkoms van die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te onderrig, as duisend woorde in ongewone tale of klanke. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te kan onderrig, as om duisende woorde in 'n onverstaanbare taal te praat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar vir my is dit beter om in die gemeente net vyf woorde met my verstand te praat as om 1 000 woorde in tale te praat. Want as ek met my verstand praat, dan kan ek vir die gemeente leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as ’n mens darem in die kerk kom, verkies ek om liewer net vyf woorde te sê wat mense kan verstaan en wat iets vir hulle kan beteken as om die hele aand daar op my eie te staan en spesiale tale te praat. |