1 Corinthians 14:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want jy is waarlik goed gedank, maar die ander is nie opgebou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het wel voortreflik gebid, maar jou medegelowiges word nie in hulle geloof opgebou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. |
| Afrikaans 1983 | Jou dankgebed is wel goed, maar ander mense word nie daardeur geestelik opgebou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag wel goed dank betuig, maar dit dien nie tot opbou van die ander persoon nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy sê miskien mooi dankie vir die Here, maar dit maak nie die ander persoon se geloof sterk nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy kan miskien voel dat wat jy in die gemeente doen, goed is en dat die Here ook daarvan hou, maar die mense wat saam met jou in die kerk sit, het niks daarvan nie. Vir hulle beteken dit net mooi niks. |