1 Corinthians 14:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Anders as jy met die gees seën, hoe sal hy wat die kamer van die ongeleerdes bewoon, amen sê op jou danksegging, terwyl hy nie verstaan wat jy sê nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want as jy God net met jou gees prys, hoe sal hulle wat onkundig is oor wat jy sê, jou lofprysing met hulle “Amen” bevestig? Hulle verstaan tog nie wat jy sê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van 'n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? |
| Afrikaans 1983 | Anders, as jy met die gees 'n dankgebed doen, hoe sal 'n gewone mens wat daar teenwoordig is, op jou dankgebed “Amen” kan sê? Hy verstaan mos nie wat jy sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want as mens net in die gees 'n lofprysing bring, hoe sal iemand in die posisie van 'n oningeligte “•amen” kan sê op jou danksegging, aangesien hy nie verstaan wat jy sê nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar onthou: Wanneer jy met jou hart bid en jy prys die Here, dan is daar miskien iemand wat nie die genadegawe het om tale te verstaan nie. Kan daardie persoon dan saamstem en “amen” sê wanneer jy vir die Here dankie sê? Nee, want hy verstaan nie wat jy sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is belangrik. Sê nou maar jy is daar in jou gees besig om allerhande mooi dinge van God te sê, hoe kan iemand wat niks verstaan wat jy sê nie saam met jou bid? Hoe kan hy die Here vra om dit wat jy besig is om te sê waar te laat word, as hy nie eens weet wat jy sê nie? |