1 Corinthians 14:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat is dit dan? Ek sal met die gees bid, en ek sal ook met die verstand bid: ek sal sing met die Gees, en ek sal ook sing met die verstand.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat sê dit? Ek sal albei doen. Ek sal nie net bid met my gees nie, maar ek sal ook bid in verstaanbare woorde. Ek sal nie net lofsing met my gees nie, maar ook in verstaanbare woorde.
Afrikaans 1933/1953 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
Afrikaans 1983 Hoe moet dit dan wees? Só, dat ek met die gees moet bid, maar ook met die verstand. Ek moet met die gees die lof van die Here sing, maar ook met die verstand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat is dan die slotsom? Ek sal deur die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid; ek sal deur die gees lofsange sing, maar ek sal ook met die verstand lofsange sing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wat moet ek dan doen? Ek sal bid met my hart, maar ek sal ook bid met my verstand. Ek sal vir die Here sing met my hart, maar ek sal ook met my verstand vir die Here sing.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe moet dit dan nou presies wees? Eintlik is die ideaal dat jy as mens heeltemal betrokke is, gees en verstand saam. As jy bid, moet jou gees bid, maar jy moet ook verstaan wat jy bid. As jy God loof deur te sing, moet dit uit jou gees borrel, maar so dat jy ook presies weet wat jy besig is om te sing.