1 Corinthians 14:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so streef julle, omdat julle ywerig is vir geestelike gawes, om uit te blink tot die opbou van die kerk.
Afrikaans (NLV) 2011 So moet julle ook, as julle julle toelê op die gawes van die Gees, daarop konsentreer om uit te munt in dié gawes wat die gemeente opbou.
Afrikaans 1933/1953 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.
Afrikaans 1983 Dit is ook op julle van toepassing. As julle julle toelê op die gawes van die Gees, streef dan na dié wat tot opbou van die gemeente dien, sodat julle daarin kan uitmunt.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So ook met julle. Aangesien julle julle beywer vir die gawes van die Gees, streef daarna om uit te munt met die oog op die opbou van die gemeente.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit moenie so wees by julle nie. Julle wil graag die dinge hê wat die Heilige Gees vir julle gee. Daarom moet dit vir julle baie lekker wees om die mense in die gemeente se geloof sterk te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis presies wat in die gemeente gebeur as iemand in ’n spesiale taal praat wat niemand anders verstaan nie. Ek weet die spesiale geestelike geskenke wat God vir julle gee, is vir julle belangrik. Wees daarom opgewonde oor daardie geestelike geskenke wat vir ander ook iets beteken en die gemeente sterker kan maak.