1 Corinthians 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, as ek nie die betekenis van die stem weet nie, sal ek vir hom wat spreek 'n barbaar wees, en hy wat spreek, sal 'n barbaar vir my wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as ek nie sin kan maak van die klanke nie, sal ek vir die spreker onverstaanbaar wees en die spreker sal vir my ’n brabbelaar wees.
Afrikaans 1933/1953 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.
Afrikaans 1983 Maar as ek 'n taal nie ken nie, sal die een wat dit praat, vir my onverstaanbaar wees en ek vir hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek nie die betekenis van die klank ken nie, sal ek vir die spreker daarvan 'n vreemdeling wees, en hy vir my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as ek nie verstaan wat iemand sê nie, dan is ek vir hom soos iemand wat die taal praat van 'n ander land en hy is vir my soos iemand van 'n ander land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ek egter nie die taal verstaan nie, weet ek ook nie wat die ander een wil sê nie. Daar is niks met die taal verkeerd nie, maar ek kan dit net nie verstaan nie. Die persoon kan praat en verduidelik tot hy blou word in die gesig, maar ons sal nie by mekaar uitkom nie.