1 Corinthians 14:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jaag na die naasteliefde en begeer geestelike gawes, maar eerder dat julle kan profeteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lê julle toe op die liefde. Bly egter ook entoesiasties oor die gawes van die Gees, veral oor die gawe om te profeteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om te profeteer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jaag die liefde na, en streef na die gawes van die Gees, veral om te profeteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet nooit ophou om lief te wees vir God en vir ander mense nie. Maar julle moet ook bid en hard werk vir die dinge wat die Heilige Gees vir julle gee, en die belangrikste wat Hy vir julle gesê het, is dat julle God se boodskap moet bring vir ander mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee alles om hierdie liefde in julle lewe te hê. Maar moenie van die spesiale geskenke vergeet wat die Gees vir julle gee nie. Gee jouself ook daarvoor, veral om God se boodskap vir die gemeente te bring. |