1 Corinthians 13:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al sou ek die gawe van profesie hê en al die verborgenhede en alle kennis verstaan; en al het ek alle geloof, sodat ek berge kon versit, en het ek geen liefde nie, ek is niks. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En al sou ek die gawe van profesie hê, en sou ek alle geheime kon ontrafel, en al die kennis ter wêreld hê, en al sou ek genoeg geloof hê om berge te verskuif, maar ek kom die liefde kort, sou ek ’n ronde nul wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En al profeteer ek, en begryp ek alle geheime, en besit ek alle kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het nie liefde nie, is ek niks! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miskien sal ek God se boodskap kan bring, en al die geheime kan ken, en alles kan weet. Miskien sal ek so sterk kan glo dat ek berge kan wegskuif, maar as ek nie lief is vir God en vir ander mense nie, dan beteken ek niks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê nou ek kan uitstekend preek, is hoog geleerd in die dinge van die Here en verstaan dinge van God wat ander mense nie eens weet nie, en boonop het ek nog die grootste geloof wat jy jou kan voorstel, maar ek het nie ander mense lief nie, is ek vir die Here ’n nul op ’n kontrak. |